Die Rebellie van 1914 breek uit op 22 Oktober 1914. Die oorsake was aan die eenkant die Afrikaners wat gekant was teen die Unie-parlement se besluit dat Duits Suidwes-Afrika vir die Britse Ryk verower moet word. Die Anglo-Boereoorlog was ook nog vars in die geheue van baie Afrikaners. Die opstand het veral gekom uit die Noord-Vrystaat en Wes-Transvaal.

Generaal CF Beyers het bedank as hoof van die Verdedigingsmag in protes teen die parlement se besluit. Hy en generaal CR de Wet het die rebellemagte gelei.

Beyers het verdrink in die Vaalrivier en De Wet is gevange geneem. Generaal Manie Maritz word by Upington verslaan deur regeringsmagte. Jopie Fourie is in Desember 1914 gevange geneem en daarmee het die rebellie geëindig.

Die rebellie het destyds ’n groot bydrae gelewer in die sukses van die Nasionale Party.

Potchefstroomse studente hou n optog teen regeringsbeleid tydens die Rebellie
Potchefstroomse studente hou n optog teen regeringsbeleid tydens die Rebellie

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply