Die verdwyning van Billy Katz

Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word.

Die verdwyning van Billy Katz
Die verdwyning van Billy Katz
Waar is die liggame waaraan die voete behoort? Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter.

Ella se soektog lei na ’n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie, met hul stom aanneemseun, Rakker. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?

Die verdwyning van Billy Katz word 15 Oktober 2015 vrygestel.

Die verdwyning van Billy Katz / Chris KarstenHuman & Rousseau, 15 Oktober 2015; 416 p. ; sagteband. — ISBN 9780798171076

Die verdwyning van Billy Katz,
Bettie Blom,
23 Augustus 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply