Die dood van ’n goeie vrou het ’n storielyn wat die slimste leser sal fnuik.
Sleutelwoord Argiewe:Chris Karsten
Die Ontwaking
Die Ontwaking wys by die Eden Independent Film Festival in George en ook by die SA Horror Fest gedurende Oktober en November 2015. Die film open eers in Februarie 2016 landwyd.
Die verdwyning van Billy Katz
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word.
Die respektabele Meneer Hartslief
Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n eksentrieke huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan van Brixton.
‘n Man van min belang
Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind.
Die afreis van Abel Lotz
Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie.
Opspraak deur moord – Suid-Afrikaanse doodslag skok
Tien spannende verhale van opspraakwekkende moorde, met heelwat besonderhede wat nog nie rugbaar was toe die stories die media vol was nie.