Die Ontwaking

Die Ontwaking wys by die Eden Independent Film Festival in George en ook by die SA Horror Fest gedurende Oktober en November 2015!


Die Ontwaking is ‘n samewerking tussen The Showroom Theatre, Advantage Entertainment en Enigma Pictures en wenner van die Beste Film-toekenning by die 2015 Indie Karoo Film Festival. Dit is die debuut vollengte film van regisseur Johnny Breedt (Paljas, Hotel Rwanda, A Long Walk to Freedom) en is geloof daarvoor dat dit grense vir plaaslike films verbreed. Die film is gebasseer op die eerste boek van ‘n trilogie deur die bekroonde skrywer, Chris Karsten.

Die fliek is ‘n grusame en aksiebelaaide misdaad-riller en verken die psige en motiverings van ‘n reeksmoordenaar, Abel Lotz (Gys de Villiers), die eienaar van ‘n klein galery wat spesialiseer in Afrika-maskers en kuns. Abel is ook die kurator van ‘n versameling van tattoos wat hy van pragtige vroulike slagoffers kry as deel van sy Kosmiese joernaal.

Ella Nesser (Juanita de Villiers) is die aantreklike, maar onervare moord speurder in beheer van die saak. Haar taak is om die reeksmoordenaar op te spoor voordat nog ‘n jong vrou vermoor word. Sy is in ‘n vaste verhouding met Bam (Armand Aucamp) en terwyl sy probeer om haarself te bewys aan haar meer senior kollegas, Fred Lange (Gerard Rudolf) en Silas Sauls (Paul Eilers), hanteer sy ook haar eie uitdagings.

Abel is slim en vasbeslote om sy Joernaal te voltooi. Vir sy opkomende vyftigste verjaarsdag het Abel ‘n spesiale geskenk vir homself in gedagte … ‘n nuwe gesig: dié van ‘n pragtige jong vrou, miskien dalk dié van ‘n jong vroulike speurder …

Die fliek smokkel met jou kop en laat jou wonder wat in die denke van ‘n psigotiese reeksmoordenaar aangaan.

“‘n Paar jaar gelede het ek besluit om ‘n Afrikaanse film te maak en ek het ek by ‘n boekwinkel ingeloop, opsoek na inspirasie. Daar het ek die boek Abel se Ontwaking wat deur Chris Karsten geskryf is, ontdek. Ek het die boek op ‘n vlug na die VSA gelees, en kon dit eenvoudig nie neersit nie. Chris het die bekroonde boek as die eerste deel van ‘n trilogie geskryf en ek het werklik geglo dat dit ‘n fantasties film sou maak. Die genre is baie donkerder as wat ek gedink het my eerste film sou wees, maar dit is ook wat my na die projek aangetrek het. Ek wou myself as ‘n skrywer en ‘n regisseur uitdaag en dit was net soos die perfekte projek om dit te doen. Ek wou die gehoor saam met my na plekke vat wat mense ongemaklik maak.” – Johnny Breed

Rolverdeling:
Gys de Villiers – Abel Lotz
Juanita de Villiers – Ella Nesser
Gerard Rudolf – Fred Lange
Paul Eilers – Silas Sauls
Morne Visser – Dawid Eiselaar
Armand Aucamp – Bam
Jaco Muller – Andy Collipepper

Skrywer, Regisseur, Vervaardiger: Johnny Breedt
Vervaardiger (Advantage Entertainment): Vlokkie Gordon
Produksie Ontwerper: Cecelia van Straaten
Kinematograaf: Jacques Koudstaal
Redakteur: Mandy Roberts

Die Onwaking is gekies om by die openingsaand van die Eden Independent Film Festival in George vanaf 30 Oktober tot 1 November 2015 te speel asook op die afsluiting van die South African Horror Fest op 6 November 2015. http://www.eiff.co.za/ www.horrorfest.info

Die Ontwaking is in die Kaap verfilm en open op 26 Februarie 2016 in geselekteerde teaters landwyd.

Gys de Villiers in die rol van Abel Lotz in Die Ontwaking.
Gys de Villiers in die rol van Abel Lotz in Die Ontwaking.

Lewer kommentaar

Leave a Reply