Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van reptiele en amfibieë kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!
Leer ken die reptiele en amfibieë se oeroupagrootjies, speel slangetjies-en-leertjies en leer speel-speel die giftigste slange ter wêreld ken, en ontmoet ’n paar van die vreemdste reptiele en amfibieë op aarde.
Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë / Jaco Jacobs & Fanie Viljoen — LAPA, 48 p. ; sagteband. — ISBN 9780799372854
Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë,

