Elke mossie wat val


Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal.

Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot ‘n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wêreldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van ‘n tragiese noodlot.

Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as ‘n spanningsskrywer by uitstek.

Elke mossie wat val / Kas van den Bergh — Protea Boekhuis, 2015; 200 p. ; hardeband. — ISBN 9781485302834

Elke mossie wat val
Elke mossie wat val
Elke mossie wat val,
Bettie Blom,
13 Maart 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply