#kknk2016 Die Huis van Bernarda Alba

Na die dood van haar tweede man, lê Bernarda Alba, die stoere matriarg, ’n vonnis van rou op.

Vir agt jaar sal haar dogters agter slot en grendel leef.

In dié versmorende hitte broei ’n rebellie uit. In die naam van die Vader, die liefde en die leemte.

Die bekroonde regisseur Christiaan Olwagen (Die Seemeeu en Wie’s bang vir Virginia Woolf) verwerk ’n kontemporêre weergawe van die klassieke Spaanse drama vir die KKNK.

Antoinette Kellermann vertolk die ikoniese rol van Bernarda Alba. Kellermann word in 2016 vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir Vertolking.

* DEBUUT *

MET Antoinette Kellermann, Dawid Minnaar, Lida Botha, Joanie Combrink, Tinarie van Wyk Loots, Cintaine Schutte, Lorraine Burger, Mariechen Vosloo en Anoecha Krüger

REGIE EN VERWERKING Christiaan Olwagen

OORSPRONKLIKE WERK Le Casa de Bernarda Alba
TEKS Federico García Lorca
CHOREOGRAFIE Ina Wichterich
KLANKBAAN Charl-Johan Lingenfelder
STELONTWERP Rocco Pool
KOSTUUMONTWERP Birrie le Roux
VERHOOGBESTUURDER Carine Bothma

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R130
Plek: SANW-ouditorium, Oudtshoorn
Datum: 24 MAART 14:30 | 25 MAART 19:30 | 26 MAART 14:30 | 27 MAART 19:30 | 28 MAART 14:30 | 29 MAART 19:30 | 30 MAART 14:30

KKNK 2016

Die Huis van Bernarda Alba,
Roekeloos,
12 Maart 2016.

4.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply