Foeter is afkomstig uit die Nederlandse foeteren wat kom uit die Franse verwensingsuitdrukking foutre wat afgelei is uit die Latynse futuere wat beteken “om seks te hê”.

In Afrikaans dui foeter slegs op die werkwoorde slaan, pla, lol of lastig wees. Die taboewaarde van foeter is hedendaags baie flou. Ongelukkig foeter niemand meer mekaar korrek in Afrikaans nie.

Bron:

Boshoff, SPE & Nienaber, GE. 1967. Afrikaanse etimologieë. Pretoria:Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns.

Lewer kommentaar

Leave a Reply