’n Ou dame gaan bank toe met ’n sak gevul met R100 000 kontant en vra om ’n rekening oop te maak. Die versigtige bankier vra waar sy die geld gekry het.

“Dobbel,” sê sy, “ek is baie goed met dobbel.”

Geïnteresseerd vra die bankier:”Watter soort weddenskappe gaan u aan?”

“O, allerhande soorte,” sê sy, “ek sal jou byvoorbeeld R25 000 wed dat jy môre ’n tatoeëermerk van ’n vlinder op jou regterboud sal hê.”

“Wel, daai weddenskap sal ek graag neem”, sê die bankier.

Die ou dame is die volgende dag terug met haar prokureur as getuie. Die bankier draai om, laat sak sy broek en nooi die twee om op te let dat daar geen tatoeëermerk is nie. Met sy broek nog op die grond begin die dame R25 000 uit haar sak tel. Die prokureur sit intussen met sy kop in sy hande.

“Wat is fout met hom?” vra die bankier.

“Ag, hy is net ’n swak verloorder,” sê sy. “Ek het hom R100 000 gewed jy sal jou broek laat sak vir ons vandag.”


Mike: “Ek het nou die dag gebid en met die Here gepraat. Hy dink jy is ’n slegte invloed op my Kallie.”

Kallie: “Dis nou toevalling. Ek dink hy is ’n slegte invloed op jou.”

Mike: “Hoe kan jy so sê?”

Kallie: “Hy laat jou dink daai stemme in jou kop bestaan rêrig.”


’n Moeilike oumatjie daar uit Namakwaland is met haar kleinkind op die strand in Hartenbos toe ’n reuse fratsgolf hom see-in sleep.

Die oumatjie begin net daar bid: “Asseblief Here, red my enigste kleinseun. Ek smeek jou, bring hom terug.”

Net toe is daar is daar weer ’n reuse fratsgolf en spoel die laaitie op die strand uit.

Die oumatjie was aanvanklik verheug, maar toe frons sy en sê: “En waar is sy hoed?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply