Ten spyte van die uitdagings, het DHF in 2020 drie nuwe albums uitgereik. 2021 wat in Mei die lig gesien het, het drie treffers gelewer wat altesaam reeds om en by `n honderd miljoen luisteraars op radio bereik het. Liedjies van al drie albums, wat dan ook “Live in Lockdown” en “Herverbeel” insluit, is ook van die gewildste musiek wat daagliks op digitale platforms gestroom word.

Terug by 2021, het Die Heuwels besluit om nou ook `n video vir die liedjie “Plekkie in die Son”, wat hulle saam met Early B opgeneem, het te maak. Die talentvolle Damiane van Reenen het die video geskiet en geredigeer.

Hunter Kennedy vertel: “Plekkie in die Son” het ‘n spesiale hoekie in my hart. Ek is bly ons maak ‘n video vir hom. Dit was ‘n ‘serious group effort’ song en ek vind aanklank by die emosie wat dit wek. ‘Melankoliese danspartytjie’ is hoe ek die liedjie sou beskryf en Damian het homself uitstekend van die taak gekwyt om dit te kon vasvang.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply