In Gelukkige slawe bevind twee Belgiese mans met presies dieselfde naam en van, Tony Hanssen, hulleself op ’n keerpunt.
In Buenos Aires speel Tony Hanssen – eens ’n toerdirekteur op van die mees luuksueuse plesierbote ter wêreld – ’n gevaarlike speletjie as toyboy van mevrou Bo Xiang, die bejaarde eggenote van ’n skatryk Chinese bouondernemer met legendariese genadeloosheid.
In Suid-Afrika korrel ’n ander Tony Hanssen – die vlugtende rekenaarprogrammeerder van ’n bankrot bank – met ’n geweer na ’n renoster in die Krugerwildtuin.
Die een Tony wil sy vryheid terughê, en die ander een sy gesin. Eers as hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet, op ’n ander kontinent, blyk dit hoeveel hulle op mekaar aangewese is.
Gelukkige slawe / Tom Lanoye, vertaal deur Daniel Hugo — Protea Boekhuis, 29 September 2015; 279 p. ; sagteband. — ISBN 9781485304326
Bettie Blom,
10 April 2016.