#suidoosterfees David Kramer : Onder die spanspekgeel maan

David Kramer gaan sy rooi velskoene blinkvryf, die snare van sy blikkitaar instem en sy porkpie-hoed styf op sy kop vasdruk, want dis weer tyd om musiek te maak dat die biesies bewe.

Vanjaar sal hy ‘n nuwe musiekkonsert tydens die Suidoosterfees by die Kunstekaap Operahuis op die planke bring.

Met begeleiding van sy orkes en ‘n paar gaskunstenaars, sal David van sy liedjies sing wat pas by die tema van die konsert: Onder Die Spaanspekgeel Maan.

David is bekend vir sy liedjies oor die Karoo en wat stories vertel, terwyl sy energieke persoonlikheid sorg vir heerlike vermaak.

Dis beslis ook nie elke dag dat jy die kans kry om hierdie gesoute kunstenaar in lewende lywe te beleef nie.

* DEBUUT *

Musiekgregie David Kramer
Vervaardiger DK Productions

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R80, R100, R150, R200
Plek: Kunstekaap Operahuis, Kaapstad
Datum: Vrydag 29 April 18:00-19:00

Suidoosterfees 2016

David Kramer : Onder die spanspekgeel maan,
Roekeloos,
9 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply