God die skepper is afgedank

In sy nuwe boek The Grand Design argumenteer een van die wêreld se voorste teoretiese fisici, Stephen Hawking, dat geen god die heelal geskep het nie en die oerknal (big bang) ’n logiese gevolg van die wette van fisika is.

Hawking verduidelik hoe ’n wet soos gravitasie kan veroorsaak dat iets soos die heelal self tot stand kan kom uit niks.

Dié bekroonde wetenskaplike het destyds saam met Roger Penrose bewys dat Albert Einstein se algemene teorie van relatiwiteit impliseer dat ruimte en tyd ‘n begin in die oerknal en eindig in swart kolke. Dit was ook die onderwerp van sy gebruikersvriendelike blitsverkoper A brief history of time. Die teorie impliseer dat die heelal geen grens in ideële tyd het nie en dat ons dus die manier waarop die heelal tot stand kom deur rasionele wetenskapwette kan bepaal.

Stephen Hawking is die Lucasian professor van wiskunde in die departement van toegepaste wiskunde en teoretiese fisika by Cambridge, dieselfde leerstoel wat deur Isaac Newton beklee is. Hy het 12 eregrade en het ’n CBE ontvang, is verklaar tot Companion of Honour en is ’n lid van die Royal Society, asook van die VS Nasionale Akademie vir Wetenskap.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

The Grand Design
The Grand Design

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Dis seker maar moeilik as n mens soek maar nie vind nie. En ek dink wat so n skrywer seker meer frustreer is dat hy nie die woord kan verstaan nie. Die woord se dis net Sy skape wat na die woord kan luister en dis duidelik dat jy nie Sy skaap is nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply