Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra.
• Die belangrikste kennisgebiede, waaronder die politiek, geskiedenis, geografie, letterkunde, religie, die kunste en wetenskap en tegnologie word in 13 afdelings gedek.
• Sowat 4000 helder, kernagtige artikels, alfabeties per afdeling gerangskik.
• Ruim kruisverwysings en ’n omvattende indeks vir vinnige naslaanwerk.
• Sowat 200 illustrasies.
Goed om te weet – dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wêreld.
Hans Büttner en George Claassen en hul span medewerkers deel in hierdie hoogs toeganklike feitegids hul indrukwekkende algemene kennisskat ruim met alle Suid-Afrikaners.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

2 Desember 2009
