Die Pharos Grondslagfasewoordeboek Afrikaans–Engels/English–Afrikaans is ’n splinternuwe toevoeging tot Pharos se skoolwoordeboekfamilie vir leerders van graad 1 tot 4. Leerders raak op ’n eenvoudige manier vertroud met hoe ’n vertalende woordeboek werk, sodat hulle later met selfvertroue woordeboeke vir die Intermediêre Fase en Senior Fase sal kan gebruik.

  • Volwaardige eerste tweetalige woordeboek
  • Al die sigwoorde en spelwoorde op een plek
  • Ondersteun lees- en taalvaardigheid.

Delana Fourie, senior leksikograaf by Pharos, stel die nuwe en eerste Grondslagfasewoordeboek bekend in die volgende video en verduidelik hoe die woordeboek by die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring aanpas. Die Pharos Grondslagfasewoordeboek Afrikaans–Engels/English–Afrikaans is geskik vir leerders in graad 1 tot 4. Die woordeboek bevat die sigwoorde en spelwoorde wat in die taalkurrikulums vir Afrikaans en Engels in die Grondslagfase gespesifiseer word. Hierdie splinternuwe woordeboek is ’n volwaardige eerste tweetalige woordeboek wat jong leerders met woordeboekwerk sal help. Met dié woordeboek kan Engelse leerders stelselmatig met Afrikaans vertroud raak, en Afrikaanse leerders met Engels.

Lewer kommentaar

Leave a Reply