Iets uit niets

Iets uit niets

Roekeloos

Ons leef in ’n verbruikerskultuur waar kwessies rondom aardverwarming, organies of ons beperkte hulpbronne slegs geïnterpreteer word as ‘wat gooi ek in watter blik’.

Selfs hierdie herwinningsaksie het nog nie die verbruiker in Suid-Afrika aangespoor om deel van ‘n globale ‘groen’ aksie te wees nie. Met Iets uit Niets dink jy twee keer voor jy weggooi.

Hierdie boek sal elkeen nooi om met nuwe, kreatiewe oë na sogenaamde ‘nietige’ of ‘weggooi-items’ te kyk. Plastiek, papier, blik, glas en knope kry nuwe betekenis in jou huis met items soos fotorame, prettige handsakke, ‘n Franse badkamermat en vele meer. Nie net is dit mooi nie, maar niemand sal glo dat dit uit ou rommel gemaak is nie!

Elkeen van die projekte word toegelig met volkleurfoto’s, die lys van rommel en ekstra benodigdhede, stap-vir-stap metodes asook illustrasies en patrone.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Iets uit niets
Iets uit niets

Lewer kommentaar

Leave a Reply