So ‘n bek moet jêm kry

5 stories, 50 minute, 50 idiome.

Wat lê lekkerder op die tong as ‘n Afrikaanse idioom?

Van agter die berg tot by oom Daantjie in die kalwerhok – van suurbrood tot droë brood – van bakboord na stuurboord…

In dié produksie word die stories agter die idiome vertel – die ware verhale – maar soms bak hulle ook heerlik kluitjies!

So, of jy jou lip byt en of jou hart op jou lippe lê, of jy niks oor jou lippe gehad het nie en of jy hulle aflek, of iemand aan jou lippe hang en of jou lip vanself hang…’n idioom ‘n dag laat almal glimlag! En na dese sal elke klein mensie ten minste 5 nuwe idiome ken – dis nou maar wors!

‘n Kindertoneelstuk met Stephanie Badenhorst en Francois Toerien.

NG Kerksaal, Clanwilliam
Tydduur: 50 minute
Kaartjies: R10 per persoon. Geen stoele word voorsien.

Cederberg Kunstefees 2010

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar