In ‘n simpel ou straatjie, Mulberrystraat

Nie vêr van Theodor Geisel se grootouers se bakkery was daar ‘n straat met die naam van Mulberrystraat. ‘n Simpel ou straatjie, wat Geisel later wêreldberoemd sou maak.

Maar eintlik was dit ‘n boot se skuld. Ag, dae lank op ‘n boot van Europa moes Geisel luister na die onophoudelike, ritmiese dreuning van die enjin. Die klank het vasgesteek in sy kop en hy het op die ritme begin skryf. Die storie het hy genoem: And to Think That I Saw it on Mulberry Street.

Dis die storie van ‘n seun, Marco, wat die vervelige paadjie tussen huis en skool interessant maak deur hom te verbeel hy sien allerhande prettige goeters.

Die boek is egter 27 keer deur uitgewers afgekeur, tot ‘n vriend van Geisel besluit het om ‘n kans te vat. And to Think That I Saw it on Mulberry Street is in 1937 gepubliseer en 75 jaar later is daar min mense wat nie die pratende kat met die rooi-en-wit gestreepte keil herken nie. Net een van Geisel se honderde wonderlike skepsels onder sy nom de plume, Dr. Seuss.

And to Think That I Saw it on Mulberry Street
And to Think That I Saw it on Mulberry Street

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply