Joost van der Westhuizen, een van die beste skrumskakels wat rugby ooit opgelewer het, het sowel op die veld as daarvan af vir eweveel opwinding in die media gesorg.
Waaroor dit ook al gegaan het, van sy onverskrokkenheid op die rugbyveld tot sy huwelik met die glansryke Amor Vittone en selfs die onlangse aantygings teen hom in die seksvideo-skandaal, Joost het tot nog voortdurend in die nuus gebly.
Hierdie titel volg die verloop van sy rugbyloopbaan, maar gee ook die spieël ‘n spreekbeurt en kyk na Joost as man. Dit is ‘n verhaal van ‘n bekende rugbyspeler en kontroversiële glanspersoonlikheid. Dit bring (van) die waarheid agter die aantygings en teenaantygings wat Joost tans omring, aan die lig.
Joost is in Rapport, Joost gesels met Noelene op SABC 3, Joost gesels met Coenie de Villiers op Kwêla, Joost gee ‘n boek uit en doen fluks promosiewerk in ‘n boekwinkel. Is Joost besig om munt te slaan uit sy eie misdrywe? Is die boek dalk voortydig, of net bedoel om oor die video te bieg en die res van die verhaal toegesmeer te hou?
Kom ons wag maar vir Charmaine Weavers (Gale) se boek. Vir die res sal ons maar moet staatmaak op die staaltjies wat jong meisies aan koerante bieg.
07 November 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)