Koning van Katoren

Koning van Katoren 

Roekeloos

Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie.

Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land – hulle beweer hulle is op soek na ’n nuwe koning, maar niks gebeur nie.

Op ’n dag arriveer ’n seun, Stach, by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word.

Die ministers wil nie hulle lewenstyl prysgee nie en begin sewe onmoontlike take vir Stach om te verrig. Hulle is vas oortuig daarvan dat Stach nie die mas sal opkom nie, maar na die eerste taak is dit baie duidelik dat hy ’n ernstige bedreiging vir hulle inhou.

Koning van Katoren is ’n veelvuldige bekroonde verhaal wat internasionaal suksesvol en beroemd is. ’n Film word later vanjaar uitgereik.

Koning van Katoren is uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo.

Koning van Katoren
Koning van Katoren

Skrywer: Jan Terlouw
ISBN: 9781869193614
Formaat: Sagteband, 180pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

 

Lewer kommentaar

Leave a Reply