Die C-afdeling van Kookkuns.com se A tot Z Verklarende Woordeboek vir Kookkuns terme is voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z en die lys word deurlopend bygewerk. A tot C is voorlopig voltooi.

C begin by “Cabardès”, rooi en rosé wyne uit die Aude-streek in Frankryk. Dit eindig met nog ’n verwysing na wyn, “Cuvée”, die naam van ’n versnit, maar dit word ook in Frans gebruik om te verwys na ’n sekere hoeveelheid wyn. Daar is ook ’n wynwoordeboek beskikbaar.

Dit is een van die mees volledigste woordelyste van sy soort in Afrikaans. Die lys bevat ook relevante kookkuns terme uit Frans, Duits, Italiaans en ander tale. Tans word daar gewerk aan D.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar