Lig wankelend

Lig wankelend 

Roekeloos

Op 24 November 1949 kom Utte Reuter van Leipzig alleen in Kaapstad aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en ’n digbundel van Rilke.

Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriend, wat ’n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wêreldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na ’n wêreld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europa is sy onthuis.

Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir alzheimersiekte.

Skrywer: Gerard Scholtz
ISBN: 9780795800153
Prys: ongeveer R 150.00
Formaat: Sagteband, 224pp

Lig wankelend
Lig wankelend

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

 

Lewer kommentaar

Leave a Reply