Roekeloos
Piet Swanepoel se kortverhale neem die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s.
Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories.
Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik.
In “Dem Foel” het ’n boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman.
In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk.

In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in.
Daar is stories oor sterk manne, die legendariese Waterbobbejaan en nog baie meer.
Marico se mambas : Jagstories, liegstories, spookstories word op 27 April vrygestel.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
