Die aanvangsdatum vir vanjaar se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen is verskuif na 27 Oktober 2021 vanaf die aanvanklike datum van 1 November 2021 om die komende plaaslike regeringsverkiesings te akkommodeer.

Die Engelse Vraestel 1, Besigheidstudies Vraestel 1 en die nie-amptelike tale Vraestel 1, wat oorspronklik vir 1 en 2 November geskeduleer was, word nou op 27 en 28 Oktober geskryf.

Die verandering beteken leerders wat stemgeregtig is, sal nou hul stem kan uitbring. Die Minister van Onderwys het die eksamenrooster vir 2021 in Mei goedgekeur, maar verlede week het die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede, dr Nkosazana Dlamini Zuma, aangekondig dat die plaaslike regeringsverkiesings op 1 November 2021 sal plaasvind.

(Bron: sanews.gov.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply