Zia is nie ’n natuurlike blondine nie, maar sy doen haar bes om funky te wees.

Sy is nou eenmaal nie haar perfekte niggie nie, al hét sy ook ’n kêrel. Met ’n poegie. Karel is haar kêrel. Maar net op mooiweersdae. Toe Zia se onderwysloopbaan met ’n hengse knal in haar gesig ontplof, hou Karel hom skaars. Want hy wil eintlik ’n ordentlike vrou hê, een wat nie skandes maak nie.
Ouma Betta wil ook van haar ’n goeie Afrikanervrou maak sodat sy tog net nie soos haar ma sal uitdraai nie. Maar Zia maak ’n nasionale sport van elke faux pas in die boek.
Zia sou nooit kon raai hoe kreatief haar lewe nog sou word toe sy die dag by Creative Creatures se glasdeur instap nie. Of dat ’n man wat soos ’n winkelpop lyk haar hart op hol sou kry nie. Sy weet Jack de Villiers kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar sy kan hul chemistry nie ontken nie.
‘n Ander vrou se rok / Kristel Loots — Tafelberg, 17 November 2015; 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780624074700
‘n Ander vrou se rok,
Bettie Blom,
22 November 2015.
Blaai gerus deur ‘n Ander vrou se rok hieronder. Let wel dat die nie die volledige boek is nie:
[bookpreviewer idtype=”ISBN” bookid=”9780624074717″ previewer=”embedded”]

Lewer kommentaar