“Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.”
Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Doodgewone stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer en die gejaag, en verhuis sak en pak na Botswana. Hier, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari, gaan hulle ’n luukse vierster-lodge bestuur.
Min het hulle geweet wat wag.
Tussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en “wilde diere” in die swembad, sal ’n Luiperd in my bed jou laat lê van die lag . . . en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.

‘n Luiperd in my bed / deur Annelize Slabbert — Tafelberg, 1 Maart 2018 — 220 p. ; sagteband. — ISBN 9780624082354 : R 260.00
‘n Luiperd in my bed
Bettie Blom
10 Mei 2018
