‘n Nuwe Beeld

Op Saterdag 5 April stel Beeld ‘n splinternuwe naweek-koerant bekend. Beeld op ‘n Saterdag is jou móét-hê gids tot die naweek: van wenke waar om tent op te slaan tot speletjies en blokraaisels tot langlees-stukke wat jou wêreld in diepte ontleed.

BeeldDie huidige breëblad-formaat Naweek-Beeld word vervang met ‘n visueel aantreklike tabletformaat Beeld. Met die nuwe Saterdag Beeld hoef jy nie jou naweek te beplan nie; hulle doen dit vir jou. Saam met jou Saterdagdosis van nuus, politiek en sport kan jy nou lees oor die nuwe sushi-restaurant in Pretoria of oor Magaliesburg se gunsteling bergfietsroete.

Die nuwe Saterdag Beeld is avontuurlustig, uitdagend en vet pret. Op dies tegnologieblaaie vergelyk hulle die nuutste gadgets en antwoord vrae soos: is die iPhone beter as die Samsung? Beplan jou dag saam met Beeld: van tuinmaak tot kuns en reis. Jy kan ook uitsien na ‘n nuwe By, waar hulle dink en debatteer.

En wat is ‘n Saterdag sonder sonskyn, braai en rugby? Gebruik die nuwe weerkaart om jou etes en kleredrag te beplan. Of probeer die braairesepte terwyl jy jou vriende beïndruk met jou nuutgevonde sportkennis – vars uit ons moderne sportblaaie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply