Die skrywer Nadine Gordimer is Sondag 13 Julie stil in haar slaap oorlede. Sy was 90 jaar oud.
Gordimer het 15 romans en verskeie bundels kortverhale op haar kerfstok gehad. Moet nie vergeet van haar Nobelprys vir Literatuur in 1991 nie. Sy het die Booker-prys ontvang vir The Conservationist (1974). Haar werk is in meer as 40 tale vertaal. Haar eerste kortverhaal is op die ouderdom van 15 jaar gepubliseer in die Forum.
Sy was nie net ’n skrywer nie, maar ook ’n aktiewe teenstander van Apartheid en word onthou as die redder van verskeie mense wat van verraad aangekla is onder dié stelsel. Verskeie van haar werk is gedurende die tydperk verban.