Nuwe James Bond-roman

Die uitgewers Jonathan Cape het bekendgemaak dat ‘n Nuwe James Bond-roman op 26 September 2013 vrygestel word. Die boek, wat nog nie ‘n titel het nie, is deur die Britse skrywer William Boyd geskryf.


Dit speel in 1969 af, en vertel die verhaal van ‘n 45-jarige Bond.

James Bond se skepper, Ian Fleming, is in 1964 dood ná hy 14 boeke oor dié geheime agent geskryf het.

Die reeks is egter deur talle ander skrywers voortgesit en meer as 100 miljoen James Bond-boeke is al verkoop. Die jongste boeke was Sebastian Faulks se Devil May Care (2008) en Jeffery Deaver se Carte Blanche in 2011.

Die eerste Bond-roman, Casino Royale, is 60 jaar gelede, in 1953, gepubliseer.

Boyd het Fleming as karakter in een van sy vorige werke, Any Human Heart, gebruik en het ook al saam met Bond-akteurs soos Sean Connery, Pierce Brosnan en Daniel Craig gewerk.

William Boyd
William Boyd

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar