Oscar Pistorius is sonder fibula (kuitbene) gebore. Op 11 maande is beide sy bene tussen die knie en enkel geamputeer.
Oscar het in 2004 eers met die hulp van kunsledemate begin hardloop en het goud gewen in die 100 en 200 meter by die Paralimpiese Wêreldbeker die volgende jaar.
In 2007 neem Pistorius deel aan sy eerste internasionale kompitisie vir ongestremde atlete. Maar hoewel sy kunsledemate hom in staat gestel het om te mee te ding, het sy gebruik daarvan gelei tot bewerings dat hulle hom ʼn onregverdige voordeel bo ander naellopers gee. Alhoewel dié bewerings nou verkeerd bewys is, is kon hy nie aan die Olimpiese Spele van 2008 deelneem nie.
Oscar: Die verhaal van Oscar Pistorius is ʼn roerende en inspirerende boek wat Oscar se reis volg van seuntjie sonder bene tot sportsupersterstatus. Die boek het oorsronklik in Italië verskyn, waar Oscar groot beroemdheid geniet.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
