Die 2009 Konfederasiebeker begin vandag wanneer Suid-Afrika en Irak kragte meet op Ellis Park in Johannesburg.
Die 2009 FIFA Konfederasiebeker vind plaas vanaf 14 tot 28 Junie in Suid-Afrika. Die toernooi is tradisioneel ‘n opwarming vir die FIFA Sokker Wêreldbeker wat ‘n jaar daarna plaasvind. Dit toets ook die gereedheid van ‘n land om die wêreldbeker aan te bied.
Die deelnemers aan die konfederasiebekertoernooi is die gasheerland van die wêreldbeker, in die geval Sui-Afrika, die wêreldbekerkampioen, Italië, en die wenners van FIFA se wêreldkonfederasies. Die onderskeie konfederasiekampioene wat na Suid-Afrika kom is Spanje, Irak, die VSA, Brasilië, Nieu-Zeeland en Egipte.
Die wenners van die toernooi kry sowat R30 miljoen, die span wat tweede kom R26 miljoen, die derde plek R22 miljoen, die vierde plek R18 miljoen en die res van die deelnemers kry elk ongeveer R11 miljoen.
Die vorige wenner van die konfederasiebeker was Brasilië. Brasilië en Frankryk het al die meeste keer die toernooi gewen, twee keer elk.
Die toernooi vind plaas in Pretoria (Loftus Versfeld), Johannesburg (Ellis Park), Rustenburg (Royal Bafokeng-stadion) en Bloemfontein (Vrystaat-stadion).
Kaartjies kan gekoop word by enige Eerste Nasionale Bank, pryse wissel van R70 tot R210.
Jy kan op hoogte bly van die uitslae en puntestand by die volgende skakel:
Konfederasiebeker / Confederations Cup 2009

(Ons eet graag een van Bafana Bafana se gebruikte sokkies indien hulle die Konfederasiebeker wen.)
