Ou papirus oor Jesus se vrou is eg

’n Ou stuk papirus wat melding maak van Jesus se vrou is nie ‘n vervalsing nie, die stuk papirus is ontleed deur navorsers aan die Universiteite van Columbia en Harvard en die Massachusetts Institute of Technology (MIT).

Die papirus is glo afkomstig uit Egipte en is in die Koptiese taal geskryf. Dit bevat aanhalings van Jesus, waarin hy verwys na sy vrou.

Met die ontdekking van die geskrif in 2012 het die Rooms-Katolieke Kerk dit dadelik afgemaak as ’n vervalsing. Radiokoolstofdatering van die papirus en ‘n studie van die ink met behulp van mikro-Raman-spektroskopie het getoon die dokument is eg. Ontleding van die handskrif en taalgebruik het tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Daar is geen bewys van vervalsing gevind nie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar