Die P-afdeling van Kookkuns.com se A tot Z Verklarende Woordeboek vir Kookkuns is voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z en die lys word deurlopend bygewerk. A tot P is voorlopig voltooi.

P begin met paasbolletjie, die bolletjies met kruisvormige versiersel wat veral tydens Paasfees gebak. In Engels staan dit bekend as hot cross buns of Easter buns.

Die P-afdeling eindig met pypkaneel, die stukkies bas van die kaneelboom wat gedroog, opgerol en gebruik word as spesery.

Dit is een van die mees volledigste woordelyste van sy soort in Afrikaans. Die lys bevat ook relevante kookkuns terme uit Frans, Duits, Italiaans, Spaans, Latyn en ander tale. Q sal binnekort voltooi wees.

Lewer kommentaar

Leave a Reply