Padmaker

Padmaker
Roekeloos

Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry.

Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar saggeaarde pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê het en waar haar ma, met haar verbete stryd teen die armoede van die kampe, se probleme begin het.

Katrien se opsoek van die mense en die plekke wat haar gevorm is meer as net ’n herinneringstog. Dit is ’n poging om haar ma te verstaan en om haar eie weg vorentoe te vind.

Op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: “Om te weet waarheen jy op pad is, moet ’n mens onthou waar jy vandaan kom.”

’n Deurleefde, sensitiewe roman deur Christine Barkhuizen-Le Roux oor die komplekse verhouding tussen ouer en kind en die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat.

Padmaker word op 2 Maart vrygestel.


Padmaker
Padmaker

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar