Die internasionale mark vir gedrukte boeke is aan die krimp, tensy ons begin praat oor prenteboeke. Die mark vir hierdie boeke het verlede jaar gegroei en uitgewers verwag dat 2014 ook ’n toename in aanvraag sal toon.
Hierdie tipe kinderboeke is soveel meer as net ’n opvoedkundige hulpmiddel, dit is in baie gevalle ’n kunswerk op sigself. Vanjaar se beste boeke is geen uitsondering nie:

Rules of Summer
deur Shaun Tan
Die boek word aangebied as ’n stel “reëls”. Die “reëls” word opgestel binne die avonture van twee seuns. Maar daar is soveel meer aan elke toneel wat ’n “reël” vergesel; dit is ’n unieke storie.
Hierdie is een van daai boeke wat vir elke kind iets anders sal beteken.
Once Upon an Alphabet
deur Oliver Jeffers
Once Upon an Alphabet vertel die “geskiedenis” van elke letter van die alfabet. Die stories en sketse sal kinders nooit weer laat vergeet van ’n letter nie.
Koop / Buy Once Upon an Alphabet >>

The Farmer and the Clown
deur Marla Frazee
’n Boek vol emosie, hoewel die storie sonder woorde vertel word. Die sketse is gewoon uitmuntend.
’n Stoere ou boer moet teësinnig na ’n jong hanswors omsien.
Koop / Buy The Farmer and the Clown >>
Take Away the A
deur Michael Escoffier, met illustrasies deur Kris Di Giacomo
In die boek verloor woorde hulle letters. Die gevolge wissel van die komiese tot die onwerklike. Dit bied kinders ’n totaal nuwe uitkyk op die geskrewe woord.
