Ek het nou net hierdie boek klaargemaak, en dit was seker een van die mooiste Afrikaanse boeke wat ek nog ooit gelees het. Die lyding waardeur hier Ma gegaan het, ter wille van haar kind het my keer op keer in trane gehad. Die manier waarop Mariam dink, en haar absulute kinderlike geloof in God en Sy engele, was verstommend. Nou verstaan ek ook ‘n bietjie meer wat ‘n outistiese kind is, en wat so ‘n kind se ouers moet deurgaan om hierdie kind groot te kry. Ek weet net nog nie, wie het hom dood gemaak nie. Ingrid of Gunter?
bydrae: Vanessa Schempers
