Rugbymal

Rugbymal

Roekeloos

Stories uit die pawiljoene

Gesonde belangstelling of totale verslawing?

Wat maak dat soveel Afrikaanse mans (én vroue) heeltemal rugbymal is?

In dié boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Sommige vertel van waardevolle lewenslesse wat hulle op én van die veld af geleer het, terwyl ander nostalgies raak oor onvergeetlike momente in Springbok-rugby.

Alles word gedek: van raserige ma’s langs hoërskoolrugbyvelde tot die uitwerking op ’n man se selfbeeld as sy span alwéér verloor.

Van die stories sluit in:

• “Om Frik du Preez se handtekening te vra” deur Wynand Claassen (oud-Springbok)
• “Lesse van ‘n rugby-weduwee” deur Justine Krige (vrou van Springbok-kaptein Corné Krige)
• “Die slag van Tucumán” deur Louis de Villiers (Rapport-rugbyjoernalis)
• “Eéndag gaan ek Nuweland toe” deur Gert van der Westhuizen (Sportredakteur van Beeld)
• “Wat rugby my geleer het” deur Leon-Ben Lamprecht (Weg-joernalis)

RugbymalDie boek word op 23 Mei 2011 vrygestel.

Koop / Buy Rugbymal: Stories uit die pawiljoene

Skrywer: Jaco Kirsten
Kategorie: Sport
ISBN: 9780624048756
Prys: ongeveer R 160.00
Formaat: Sagteband, 224 pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Lewer kommentaar

Lewer kommentaar