Sê weer?

Hoe sal ons 2011 onthou? Wat het Julius Malema en Steve Hofmeyr nou weer kwytgeraak? Uitsprake deur beroemdes, berugtes en die wat eerder moes stilgebly het.

En wat hét mense te sê gehad oor Kate en William se troue, wat nog te sê van Zuma se jongste bruid?

Ervare joernaliste Yvonne Beyers en Willem Kempen bring ’n verskeidenheid aanhalings byeen, met kommentaar, oor die sêgoed van beroemdes, berugtes en onbekendes.

Hoofstukke:

1. Projek Suid-Afrika
2. Siesa! (Skurke en skandale)
3. Joost, Steve en dáái manne
4. Die geval Malema
5. Zuma en vriende
6. Die verkose toilet: Verkiesing 2011
7. Voel dit aan die bas: Die rasgesprek
8. Bid jou aan!
9. Tongstoeiers
10. Elders sukkel hulle ook maar …

Sê weer?
Sê weer?

Die boek word vandag vrygestel.

Skrywers: Yvonne Beyers, Willem Kempen
ISBN: 9780795703348
Prys: ongeveer R 135.00
Formaat: Sagteband

Lewer kommentaar

Leave a Reply