Small Moving Parts

Halley is ’n slim meisiekindjie wat in Durban grootword, naby die woelige dokke.

Iewers tussen al die besige skepe is haar pa, Mark Murphy, ’n bok vir sports en min gespin. En iewers in die korporasiewoonstelle is haar ma, Nora, besig om tot ’n geraamte te verskraal soos sy probeer voorsien vir haar twee dogtertjies. Nora se groot ideaal in die lewe is dat die tweetjies goeie, respektabele meisiekinders moet word en iets van hulle lewe moet maak.

Halley se suster Jen is siek en sat vir die hele storie. Maar dan, sy is nie sommer enige gewone meiskiekind nie, sy is ’n prinses. Ten spyte van die bloedbande wat hulle bind, kom die twee Murphy-meisietjies nie goed met mekaar oor die weg nie. Al deel hulle ook ’n geheim so groot soos ’n petrolopgaartenk wat net wag om te ontplof.

Die skrywer Sally-Ann Murray is ’n praktiserende digter, ’n maker van inheemse tuine, en ’n liefhebber van rommel, kusstede en ander rustelose identiteite.

Sy is ook die moeder van twee jong kinders, en ’n medeprofessor in die Departement van Engels by die Universiteit van KwaZulu-Natal, waar sy tans klas gee in letterkunde en joernalistiek, literêre toerisme, postmodernismes, en kreatiewe skryfkuns.

Sy het vir haar eerste versameling gedigte, Shifting (1992), die Sanlam-prys gekry, asook die Arthur Nortje/ Vita-toekenning. Sy maak ook meer tasbare vorme van ”versamelde gedigte” en speel met woorde as drie-dimensionele kuns.

Small Moving PartsSy is uitgenooi om deel te neem aan Poetry Africa in 2006 en was die aanbieder van die installasie Circumstanzas, ’n byeenbringing van ”odd-boxes” wat speel met die verhoudings tussen poësie as objet trouvé en artefak.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

8 Desember 2009


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar