South African Multilingual Dictionary


Die South African Multilingual Dictionary is die eerste woordeboek waarin interaktiewe vertalings vir al elf amptelike tale van Suid-Afrika in een volume verskaf word.

Die woordeboek bestaan uit drie dele. Die eerste deel bevat sowat 3 800 Engelse woorde wat die kernwoordeskat van alledaagse kommunikasie insluit. Saam met die Engelse woord word ’n omskrywing van die woord gegee en dan volg die vertaling van die woord in die tien ander amptellike Suid-Afrikaanse tale.

Die tweede deel bestaan uit algemene frases wat volgens temas ingedeel is. Die frases word eers in Engels gegee en dan volg die vertaling daarvan in die tien ander amptelike tale.

Die derde afdeling bevat volledige indekse vir elke taal met bladsyverwysings na die hoofdeel van die woordeboek om naslaan te vergemaklik. Daar is plek agter in die boek vir gebruikers om nog woorde alfabeties by te voeg.

Dit is perfek vir gebruik deur onderwysers, leerders, studente, gesondheidswerkers, personeel en toeriste; by die skool, tuis of in die werkplek.

South African Multilingual Dictionary
South African Multilingual Dictionary
South African Multilingual Dictionary — Pharos, 15 April 2015 — 378 p. ; sagteband. — ISBN 9781868901975

South African Multilingual Dictionary,
Bettie Blom,
26 April 2015.

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply