Spoor

Spoor

 

Roekeloos

Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?”

Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal.

Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop: ’n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ’n “goeie man” wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het.

’n Geweldspoor deur die bestaan van Milla Strachan, verloopte huisvrou, eers so salig onbewus van die newelwêreld van georganiseerde misdaad en terrorisme om haar.

’n Doodspoor, van die Chizarira tot by die Kaapse Waterkant. En aan die einde daarvan sal niemand meer dieselfde wees nie.

Spoor - Deon Meyer
Spoor – Deon Meyer

Vermaak uit die boonste rakke deur Suid-Afrika se spanningsverhaalkoning, veelbekroonde skrywer Deon Meyer.

Skrywer: Deon Meyer
ISBN: 9780798152501
Prys: ongeveer R 215.00
Formaat: Sagteband, 544pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

 

Lewer kommentaar

Leave a Reply