Roekeloos
4 Mei
Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop: ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg.
Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly.
Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is.
Lana is ’n verpleegster in ’n kliniek vir verswakte bejaardes. Na die afsterwe van een van die mans in haar sorg, leer sy sy vrou ken; kort daarna ook hul seun, wat vir die begrafnis van Londen gekom het. Sy herken hom onmiddellik: Dit is Konrad, die man met wie sy ’n dekade gelede ’n vlugtige verhouding gehad het. Wat meer is, Konrad versoek haar om sy ma te vergesel op ’n besoek aan sy suster. Sonder dat sy self die redes vir haar besluit besef, stem Lana in, en die twee vroue pak die reis na die suide aan.
Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.

Koop / Buy Stippellyn >> (eBoek)
Stippellyn / deur Erika Murray-Theron — Tafelberg, 15 April 2014 — 264 p. ; sagteband. — ISBN 9780624067771 : R 210.00
