Roekeloos
Tien uit tien: stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach
Tien uit tien: stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach bevat ‘n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950’s in Die Huisgenoot gepubliseer is.
Van vermaaklike, spitsvondige stories in die Langenhoven-tradisie tot by sy bekroonde liegstorie “Die vis – en Petrus de Beer” is almal terug te vind in hierdie heerlike humoristiese bundel, saamgestel deur Danie Botha.
Met as spesiale toegif ook sy ontroerende dokumentêr “Die hemelkinders” wat radiogehore se harte geraak het.
Koop / Buy Tien uit tien: stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach …
Skrywer: Fanus Rautenbach
ISBN: 9780624049432
Prys: ongeveer R 180.00
Formaat: Sagteband, 264pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
