Daar is altyd plek vir ’n bietjie groenigheid in ’n mens se lewe. Of jy nou iets vars by jou kombuistuin wil voeg of sukkulente op jou vensterbank wil uitstal, houers maak dit moontlik om die natuur in die kleinste en moeilikste plekkies in te bring.
Frances dek ’n verskeidenheid plantskemas en soorte houers – van kruike en trôe tot gestapelde potte en hangmandjies. Sy gee raad oor die beste plante vir houers, van bonsaibome en bolle tot rankplante en snyblomme. Leer hoe om ’n lewende muur te skep, ’n metaalpot vir ’n dammetjie te gebruik, ’n geutpyp met aarbeie te beplant of selfs jou eie potte te maak. Met die kreatiewe idees in hierdie boek, kan jy enige tuin met net ’n paar houers in iets besonders omskep.
Tuinmaak in houers / Frances Tophill — Metz Press, Augustus 2017; 160 p. ; sagteband. — ISBN 9781928376316
Tuinmaak in houers,
Bettie Blom,
4 Januaarie 2018.

