Red Hot Events en Jägermeister het onlangs aangekondig dat Fokofpolisiekar by Up the Creek 2018 gaan optree. Dié nuus volg kort op die hakke van ’n mediavrystelling waarin Mango Groove ook bevestig is vir die Up the Creek 2018 verhoog.

Up the Creek is een van die mees gewilde musiekfeeste in die Wes-Kaap en vind al vanaf 1990 op die banke van die Breede Rivier plaas. Wat die fees uniek maak is dat die dag-verhoog op die oewer van die rivier is en almal kan in die water op hulle lilos na die musiek lê en luister.

Francois van Coke van Fokofpolisiekar sê: “Ons was laas in 2004 by UTC, toe ons nog ’n baie jong band was. Kan nie wag om terug te gaan na 14 jaar nie. Ek was altyd mal oor die fees en kan nie wag om te sien wat nou daar aangaan nie.”

Mango Groove se Claire Johnston sê dat hulle baie opgewonde is oor hulle optrede: “Up the Creek is een van daardie feeste wat elke groep en musikant graag by betrokke wil wees. En nou is dit ook ons beurt! As `n groep het ons meer pret as ooit op die verhoog. Ons kan nie wag om julle daar te sien nie.”

Ander groepe en DJ`s wat ook by Jägermeister Up the Creek 2018 te siene sal wees is:

Spoegwolf, MT Seas, Aidan Martin, Sunset Sweatshop, Mobbing Bali, West Coast Wolves, Sublime Tribute Project, Jackal & The Wind, Native Young, Southern Wild, Jerry & The Bandits, Sol Gems, Boulevard Blues, We Are Charlie, Veranda Panda, The Kiffness, Jak Skandi, Bongeziwe Mabandla, Crimson House, Nomadic Orchestra, Fox Comet, Albert Frost, Opposite The Other, Lucy Kruger, The Steezies en Bad Peter.

’n Nuwe toevoeging by Up the Creek is Nikki Jackman en haar Soul Circus. Hulle sal by die Sedgwicks’ Old Brown tent die gehoor betower met hulle toertjies en daar sal ook ’n paar interessante werkswinkels aangebied word. http://soulcircus.org/

Kaartjies R1,030 (besprekingsfooi uitgesluit) – slegs kaartjies vir die hele naweek beskikaar/geen onder 18`s. Koop kaartjies hier: http://nue.so/9u4umy

Nota: daar is slegs 2500 kaartjies beskikbaar. Hekke maak 11h00 oop Donderdag 25 Januarie.

Kaartjies sluit kampeerplek in. Vir diegene wat meer luuks wil kamp,

www.heartbreakmotel.co.za bied akkommodasie aan met tente wat reeds opgeslaan is.

Up the Creek
25 – 28 Januarie 2018
Breede Rivier, Swellendam.

(foto: Andre Badenhorst)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar