Tydbom

Tydbom

Roekeloos

Tydbom is die outobiografie van ’n oud-polisieman in Suid-Afrika.

Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op ’n vroeë ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld, lyke en ’n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie.

Wanneer hy in die tagtigerjare oorgeplaas word na die Oos-Randse Onluste-eenheid, is hy ’n geharde polisieman en sukkel hy reeds met ’n drankprobleem. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sý eenheid eerste op die toneel. Hy is ’n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit.

Hy ontken egter die gevolge van al die trauma, maar hy verlaat wel die polisie om sy eie besigheid te begin. Sy huwelik loop op die rotse en hy begin om Pretoria se plesierhuise te besoek en verhuur selfs sy dienste uit as “nutsman”. Soos hy afgaan in ’n maalkolk van depressie en fisieke pyn weens sy drankmisbruik, eksperimenteer hy ook met dwelms. Hy pleeg amper selfmoord voordat hy teenoor homself erken dat hy hulp nodig het.

Marais het dié boek geskryf om sy duiwels te besweer. Sy eerlike, reguit vertelling getuig van rou menslikheid. Dit skok en gryp jou terselfdertyd aan die hart.

Tydbom
Tydbom

Skrywer: Johan Marais
ISBN: 9780624048480
Prys: ongeveer R 180.00
Formaat: Sagteband, 192pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply