
In hierdie proses leer sy wel veel meer van prostitute, van die ingewikkelde en tragiese lewe wat hulle tot die oudste beroep op aarde aanspoor, maar niks wat vir haar moordondersoek van waarde kan wees nie. Telkens laat ’n leidraad haar weer in ’n doodloopstraat beland.
Die dringendste vraag is hoe die moordenaar, indien dit dieselfde persoon is, toegang tot dié streng bewaakte klub gekry en weer sy pad na buite gevind het. Uiteindelik moet Kalli haar instink volg en aanvaar die raaisel van hierdie moorde lê by die gesellinne, al is hulle soos susters vir mekaar. Dit lei haar na ’n wêreld van kindermolestering en die afskuwelike gevolge daarvan.
Hierdie keer is dit nie net haar veiligheid wat op die spel is nie. Haar vierjarige dogtertjie is weerloos en die wêreld is groot.
Maar die briljante Kalli Krynauw laat nie los as ’n saak haar eers “gehaak” het nie.
Vergete leuens / deur Lien Roux-de Jager — Lapa; 304 p. ; sagteband. — ISBN 9780799381092
Vergete leuens,
Bettie Blom,
30 Oktober 2016.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
