Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte.
Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosioekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer.
Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.
“Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.”
“Daa is niks meer unimportant as die liewens van arm mense nie. As daa niks daa geskrywe innie margins staanie issit ma net oo dai stories nooit geskryf wôtie, of truthfully geskryf wôd ie. As arm mense doodgan los hulle niks agte nie, niks trace dat hulle exist et ie. Wit issie ‘n colour nie vertel dié stories. Dis stories oorie liewe annie anne kant vannie kantlyn.”
Wit issie ‘n colour nie – angedrade stories / deur Nathan Trantraal — Kwela, 28 Februarie 2018 — 160 p. ; sagteband. — ISBN 9780795707988 : R 220.00
Wit issie ‘n colour nie – angedrade stories
Bettie Blom
10 Junie 2018