In die Wes-Kaap sit tiran Albino X op sy Vergelegen-troon.
Magriet Vos moet uit sy strik ontsnap, terwyl sy ook probeer ontkom aan haar erger-wordende geheueverlies. In die postapokaliptiese Suid-Afrika van die nabye toekoms moet Magriet haar pad deur die distopiese binneland baan na familie in die noorde, voor demensie haar verswelg.
’n Liriese literêre debuut, met as deel van die verhaal fototekste deur die skrywer, ’n baie bekende fotograaf.
Wonderboom verskyn 28 Junie 2015.
Wonderboom / Lien Botha — Queillerie, 28 Junie 2015; sagteband. — ISBN 9780796318602
Wonderboom,
Bettie Blom,
9 Mei 2015.
Lewer kommentaar