Albert Nobbs

Albert Nobbs

Homoseksualiteit is nie ‘n moderne verskynsel nie. Dit is een van die punte wat Albert Nobbs maak.

Die film speel af in ‘n tyd en ‘n land waar goeie maniere en etiket meer as net seksualiteit toegesmeer het, soms selfs geslag. Albert Nobbs is iemand met ‘n geheim. ‘n Vrou wat die bestaan van ‘n man moet voer om vir haar ‘n plek in die wêreld oop te skrop.

Die oorspronklike verhaal is deur die bekende Hongaarse regisseur István Szabó geskryf. Hy het die Oscar gewen met sy film Mephisto (1981), die enigste Hongaar wat dit nog kon vermag.

Jy word vermaak met uitstekende spel deur die ervare Glenn Close en Janet McTeer. Die regisseur hou die gehoor ‘n paar treë voor die karakters, wat veroorsaak dat dit Albert se optimisme oor die lewe en haar kennismaking met die realiteit effens afwater.

Glenn Close het jare probeer om hierdie film op die doek te kry en sy bring voorwaar haar kant met ‘n kookwater vertolking van ‘n moeilike karakter.

Albert Nobbs
Albert Nobbs

Albert Nobbs
Drama

Regisseur:

Rodrigo García

Skrywers:

Met:

Glenn Close,
Janet McTeer,
Mia Wasikowska
7/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply